SAL (Suid-Afrikaans Lugdienste) is Suid-Afrika se nasionale lugdiens wat deur die regering besit word (Mango Lugdienste word besit deur SAL). SAL verskaf die meeste binnelandse vlugte asook internasional vlugte vanaf en na Suid-Afrika. Moet net nie die spotgoedkoop pryse verwag van die ander lugrederye soos Kulula nie. SAL is bekend vir hulle uitstekende, omvattende diens met etes en drankies ingesluit.
Onthou om eers al die lugrederye se pryse te vergelyk voor u bespreek.
SAL vlug resensie
25 Jul 2010. "Country Gourmet Traveller" het 'n SAL vlug vanaf Kaapstad na New York via Johannesburg en Dakar geniet en het SAL as een van sy gunsteling lugrederye beskryf. Volgens "Country Gourmet Traveller" was hy veral beindruk met die been spasie en uitstekende diens. Alhoewel die toebroodjie met maalvleis nie baie lekker was nie, was die hoender hoofgereg heerlik. Die fliek keuses was 'n bietjie beperk, maar hy het lekker geslaap en dit het dus nie juis saak gemaak nie. Die diens was uitstekend deurentyd en hulle het baie goed omgesien na al die passasiers.
SAL vlug roetes
Suid-Afrikaanse Vlugte
SAL bedien Kaapstad, Johannesburg, Durban en al die ander groter stede in Suid-Africa
Internasionale Vlugte
SAL se internasionale vlugte vertrek vanaf Kaapstad en Johannesburg na verskeie stede regoor oor die wereld.
Frequent flyer program
SAA Voyager frequent flyer program.
SAL se vliegtuie
Boeing 747-400
4 (laaste vlugte November 2007)
Boeing 737-800
17 (4 word verhuur aan Mango)
Airbus A-319
11
Airbus A340 399 Extended Range
6
Airbus A340-200
6
Airbus A340-600
9
Roepsein & IATA kode
Roepsein: SPRINGBOK
IATA kode: SA
ICAO kode: SAA
Vertraagde SAL Vlugte
Vanaf 1 Januarie 2005 tot en met 31 January 2007 was 24% van internasionale vlugte en 23% van binnelandse vlugte vertraag.
Oor-besprekings op SAL Vlugte
In die verlede het SAL passasiers vergoed wat as gevolg van oor-bespreking nie 'n vlug kon haal nie. Hierdie beleid is 14 Oktober 2006 onttrek en passsasiers kan nie meer aanspraak maak op vergoeding nie.
SAL Loodse
SAL is besig om die aantal swart loodse aan te vul met hul nuwe program aangaande swart kadette. Ander binnelandse lugrederye het nog nie dringend die situasie aangespreek nie.
SAL Veiligheid
Vanaf 1970 tot 2000 was daar sowat 1.6 milljoen vlugte met 1 noodlottige ongeluk (0.6% noodlottige ongeluke per miljoen vlugte). Die enigste noodlottige ongeluk het plaas gevind gedurende 1987 toe 'n 747- 200 Combi (die Helderberg) in die Indiese osean tussen Taiwan en Suid-Afrika neergestort het. Daar het 'n vuur op die vrag dek ontstaan en al 19 bemanningslede en 141 passasiers het omgekom. Die vlug was oppad vanaf Chiang Kai Shek Internasionale Lughawe na Johannesburg via Mauritius.
SAL Skytrax gradering
SAL het 'n 4 ster gradering gewerf by Skytrax. In 2007 het Skytrax SAL as die beste lugredery in Afrika benoem.
SAL bemarking
Meeste besprekings word met behulp van die Internet gedoen. Anders as British Airways, Air France, Emirates, Virgin Atlantic and KLM het SAL geen bemarkingsooreenkomste met ander maatskappye nie en hul advertensie veldtogte het nie so 'n groot impak gehad op Southafrica.to gebruikers as byvoorbeeld British Airways nie.
Sawubona magazine
Sawubona beteken 'vriendelik groete' in Nguni. Sawubona is die naam van SAL se tydskrif wat u kan geniet op u internasionale of binnelandse vlug.
SAL Raadslede
SAL se raadslede is baie gewild! SAL se CEO (Khaya Ngqula) dien op 23 rade en die voorsitter (Jakes Gerwel) hou 26 direkteurskappe . Tussen 10 SAL raadslede word 136 direkteurskappy gehou. Dit blyk dat SAL baie van hul tyd gee om ander maatskappye se probleme op te los.
British Airways vs South African Airways
In Southafrica.to se mening is British Airways se bemarking, vliegtuig ontwerp, etes en kort toue beter as SAL s'n. Lees asseblief British Airways vs Suid-Afrikaanse Lugdienste vir ons bevindinge.
Suid-Afrikaanse Lugdienste Internet verkeer
Die grafiek verskaf 'n idee van die persentasie totale internet verkeer wat SAL bereik.
Regsentiteit
South African Airways (Proprietary) Limited Reg. No. 1997/0022444/07.
Filiale van Suid-Afrikaans Lugdienste
Airchefs (Pty) Ltd
Airchefs International (Pty) Ltd
SAA City Centre (Pty) Ltd
SAA Technical (Pty) Ltd
International Aviation Personnel (Pty) Ltd
Air Tanzania (Pty) Ltd (Tanzania)